Extra Show** Schalk Sing Sleg With Schalk Bezuidenhout & Wesley van der Westhuizen (Age Restriction 14 / Afrikaans Show)
BOOK NOW
**PLEASE NOTE: AGE RESTRICTION OF 14
**SHOW IS PRESENTED IN AFRIKAANS
Tickets R220
Schalk Bezuidenhout het geen bekendstelling nodig nie. Dié 28-jarige krulkop met die kenmerkende truitjies van Kempton Park is volksbesit sedert hy in 2015 vir Trevor Noah geopen het. Met drie puik eenmanvertonings (al drie verfilm), die hoofrol in die veelbekroonde rolprent Kanarie, aanbieder van Die Kliek op VIA, die rol van die geliefde Danny in die kykNET-reeks Hotel en as nuusanker van die satiriese Die Ware Naarheid, ook op kykNET, het Schalk die afgelope vyf jaar in kykers en gehoorlede se harte gekruip. Voor die Covid-19 pandemie het hy ook gereeld oorsee in plekke soos Dubai, Londen en Edinburgh opgetree. Hy is bekend as ‘n vreeslose én skreeusnaakse komediant. Sy videos op Instagram en Facebook is vir tienduisende Suid-Afrikaners die beste lagmedisyne sedert die lockdown begin het. Op 24 Mei tree Schalk by die Drama Factory in Somerset-Wes op in Paternoster met ‘n splinternuwe vertoning, wat Afrikaanse stand-up komedie met vlymskerp oorspronklike liedjies en musiek – oor alles en nog wat – kombineer. Hierdie optrede is deel van ‘n uitgebreide toer in die Wes-Kaap van tien vertonings. Schalk mag dalk koor gesing het op skool en hy was selfs ‘n Kanarie op die silwerdoek, maar die slotsom is: Schalk sing sleg. Of sing hy regtig sleg? Schalk deel die verhoog met die talentvolle musiekonderwyser, komponis en uitvoerende kunstenaar Wesley van der Westhuizen van Johannesburg. O ja, Wesley speel verskeie instrumente, Schalk tree dus nie op met backtracks soos een of ander snotkop met ‘n snor nie. Kom tuit jou ore en lag jouself ‘n papie, want Schalk se liedjies sal jou laat mis, eet, slaap, herhaal én skater!
**Arrive from 6:30pm for early supper.
**Show to start at 8pm
**Covid regulations apply at all times. Limited tickets available due to reduced capacity
**A reminder this show is presented in Afrikaans