Casper de Vries Regstreeks: “Semi-Lewendig”
Maak gereed vir een van Suid-Afrika se mees geliefde komediante, Casper de Vries, wat vir die eeerste keer die verhoog by Café Roux betree. Na ‘n tydperk van stilte weens ‘n piepklein “goggatjie” wat hom bedlêend gehad het, is Casper terug, en hy is gereed om sy skreeusnaakse reis van herstel en waarnemings oor die wêreld se huidige toestand te deel.
Hy vertel alles oor sy stryd om weer normaal te kan funksioneer in die nuwe intieme solo-vertoning “Casper de Vries “Semi-Lewendig”” en bespreek en skerts oor die toestand waarin die wêreld homself bevind terwyl hy dit van sy bed belê en beloer het. Daar is soveel eiesoortige Suid-Afrikaanse dilemmas wat ons tans meemaak en Cassie maak hart oop.
Dié eenmanvertoning is bedoel vir volwasse ore , en ‘n sin vir humor word ten sterkste aanbeveel.
Moenie jou kans mis om die geestigheid en sjarme van een van Suid-Afrika se komedielegendes te ervaar nie. Casper se terugkeer na die verhoog beloof ‘n nag van gelag, onvergeetlike stories en ‘n unieke perspektief op die lewe.
THIS SHOW IS IN AFRIKAANS!
BOOK TICKETS: