Shopping cart

close
close

Maak gereed vir een van Suid-Afrika se mees geliefde komediante, Casper de Vries, wat vir die eeerste keer die verhoog by Café Roux betree. Na ‘n tydperk van stilte weens ‘n piepklein “goggatjie” wat hom bedlêend gehad het, is Casper terug, en hy is gereed om sy skreeusnaakse reis van herstel en waarnemings oor die wêreld se huidige toestand te deel.

Hy vertel alles oor sy stryd om weer normaal te kan funksioneer in die nuwe intieme solo-vertoning “Casper de Vries “Semi-Lewendig”” en bespreek en skerts oor die toestand waarin die wêreld homself bevind terwyl hy dit van sy bed belê en beloer het. Daar is soveel eiesoortige Suid-Afrikaanse dilemmas wat ons tans meemaak en Cassie maak hart oop.

Dié eenmanvertoning is bedoel vir volwasse ore , en ‘n sin vir humor word ten sterkste aanbeveel.

Moenie jou kans mis om die geestigheid en sjarme van een van Suid-Afrika se komedielegendes te ervaar nie. Casper se terugkeer na die verhoog beloof ‘n nag van gelag, onvergeetlike stories en ‘n unieke perspektief op die lewe.

THIS SHOW IS IN AFRIKAANS!

 

 

BOOK TICKETS:

Casper de Vries Regstreeks: “Semi-Lewendig”

Date
Feb 28 2024
Expired!
Time
6:00 pm - 9:30 pm
Cost
R180.00
Location
café Roux, Noordhoek
1 Village Lane, Noordhoek Farm Village, Noordhoek, Cape Town
Cafe Roux logo

The Pods Noordhoek
  • Don’t want to drive home after the show?

    Stay over at The Pods, easy walking distance to café Roux 

    Click here to check availability at The Pods

  • Nestled amongst the trees, just across the road from The Farm Village, The Pods are thoughtfully-designed, cosy, modern, eco-friendly cabins ideal for couples and families seeking the contemporary Noordhoek stayover. With four unique configurations to choose from, each of the seven pods features stylish appliances and high-quality furnishings wrapped in a minimalistic, modern Scandinavian design.
The Pods Noordhoek accommodation
Scroll To Top
We use cookies to improve your experience on our website. By browsing this website, you agree to our use of cookies.